Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 19 Desember 2021
    Heelwat mense het verlede week die helder voorwerp gesien wat ons lugruim binnegedring het. Wat was dit? Daar is inligting oor die Atlas-teleskoop op Sutherland wat onlangs “eerste lig” gesien het. Al gehoor van ‘n brandstofstasie in die ruimte? Prof. Matie Hoffman verduidelik.
    29 min
  • Sterre en planete 12 November 2021
    In Suid-Afrika is ons nie bevoorreg om die suider- of noorderligte te sien nie. Stefan Lotz verduidelik hoekom dit die geval is. Daar is inligting oor ‘n nuwe robotiese teleskoop wat by die Boyden-sterrewag opgerig is.  Daar is heelwat geskryf oor die volledige sonverduistering wat onlangs plaasgevind het. Mense in Antarktika kon wel die skouspel in volle glorie aanskou.
    24 min
  • Sterre en planete 5 Desember 2021
    Die teenwoordigheid van asteroïedes in ons hemelruim laat mense dikwels wonder en selfs kommer uitspreek.  Wat gebeur wanneer ‘n groot asteroïede die aarde tref? Jim Adams praat oor ‘n projek wat pas van stapel laat loop is om ‘n bepaalde asteroïede te deflekteer. Dis ‘n eksperiment om vas te stel of so ‘n hemelliggaam wel effe van koers af gestoot kan word. Daar is ook inligting oor die Parker-satelliet wat navorsing by die son doen, en wat twee rekords opgestel het.
    25 min
  • Sterre en planete 28 November 2021
    Wanneer jy is die veld loop en ‘n eienaardige klip sien, hoe sal jy weet of dit ‘n meteoriet is of nie? Daar is inligting oor wat in die hemelruim te sien sal wees in Desember. Die Meerkat-radioteleskoop in die Karoo het onlangs besondere beelde van sterrestelsels die lig laat sien. Die Meerkat is deel van die SKA-projek. Daar is ook interessante inligting oor ‘n teleskoop wat van 168 Canon 400 mm telefotolense gebruik maak om foto’s van sterre en planete te neem.
    27 min
  • Sterre en planete 21 November 2021
    Die Hubble-ruimteteleskoop begin tekens van veroudering toon. Vir die tweede keer vanjaar moes die instrument in rusmodus geplaas word omdat sekere onderdele nie werk nie. Daar is ‘n interessante vuurpyl lanseermetode getoets wat nie van tradisionele vuurpylbrandstof gebruik maak nie. Die vuurpyl word baie vinnig “geswaai” en deur middel van kinetiese energie die lug ingeskiet.
    28 min
  • Sterre en planete 7 November 2021
    Wat het die Trojane, die Grieke en Lucy met Jupiter te doen? Jim Adams vertel van die jongste sending met die naam Lucy.  Hy vertel waarom asteroïedes wat om Jupiter wentel, belangrik is. Die asteroïedes het hulle name te dankie aan die vroeëre geskiedenis en die stryd tussen Troje en die Grieke. Jim vertel ook van die probleem wat ervaar is om een van die sonpanele van Lucy ten volle ontplooi te kry, en wat dit vir die Lucy-sending beteken.
    26 min
  • Sterre en planete 31 Oktober 2021
    Het jy al gehoor hoe dit klink wanneer die metaalwiele van Perseverance oor die klippe van Mars ry? Ons speel ‘n paar opnames wat deur die aanboord-mikrofone van die Marstuig opgeneem is. Daar is ook inligting oor wat daar in November in die hemelruim te sien is.  Jy kan gerus probeer om die Andromeda-galaksie op die noordelike horison te sien. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n satelliet se verbyvlug ruimtewetenskaplikes laat kopkrap het.
    28 min
  • Sterre en planete 24 Oktober 2021
    Hoe gemaak as ‘n meteoriet deur jou dak val, en langs jou op jou kopkussing beland? Dit is een van die intessanthede waaroor daar gepraat word nadat die ‘n vrou in Kanada ‘n noue ontkoming gehad het. Nick Erasmus van die SAAO praat oor die waarskynlikheid van so ‘n voorval. Wat is ‘n foton? Prof. Matie Hoffman het die antwoord.
    26 min
  • Sterre en planete 17 Oktober 2021
    So elke nou-en-dan maak ‘n komeet sy verskyning. Halley se komeet is waarskynlik die bekendste. Nou is daar aanduidings dat ‘n reuse komeet sy opwagting in ons sonnestelsel gemaak het. Dit is sowat 300 km in deursnee. Hoe koud is koud? Hoe laag moet die temperatuur wees sodat ‘n absulote nulpunt bereik word?
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.