Die veelbesproke James Webb-ruimteteleskoop vat eersdaags die pad na Frans-Guiana vanwaar die lansering sal plaasvind. Jim Adams praat oor die teleskoop en hoe dit verskil van die Hubble-ruimteteleskoop. Die teleskoop sal op die L2-punt in die ruimte geplaas word om waarnemings in die infrarooigolflengte te doen. Jim verduidelik ook hoekom die lansering nie in die VSA plaasvind nie.