Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 12 Februarie 2023
    Die groen komeet is tans iewers in die omgewing van Mars en Aldebaran in die noorde. Daar was ‘n berig dat een van die James Webb-onderdele onklaar geraak het vanweë ‘n kosmiese straal. Die span verduidelik wat ‘n kosmiese straal is, en of die fout uiteindelik herstel is. Hulle praat ook oor produkte wat uit die ruimteprogram voortgevloei het, en hoe ons op verskeie maniere daarby baat. Stefan Lotz van SANSA verduidelik wat binne die kors van die aarde aangaan na aanleiding van ‘n vraag oor magnetisme. Hy verskaf ook die maandelike sonweer-vooruitskouing.
    28 min
  • Sterre en planete 5 Februarie 2023
    Tjel Lindgren van Nasa is ‘n ervare ruimtevaarder wat al twee keer na die Internasionale Ruimtestasie gevlieg het. Hy vertel hoe sy pad geloop het om uiteindelik ‘n ruimtevaarder te word. Afgesien van sy kwalifikasie as vegvlieënier het hy ook gespesialiseer in fisiologie om die uitwerking van mikrogravitasie op die menslike liggaam te bestudeer.
    29 min
  • Sterre en planete 29 Januarie 2023
    Min mense besef hoe klein die aarde teenoor die son is. As mens byvoorbeeld die son na 1 meter sou verklein, sal die aarde se grootte ‘n skrale 9 mm wees. Die span verduidelik wat ‘n planetêre hoofweg is waarin planete op skaal op sekere afstande geplaas word. Eksoplanete is lankal nie meer nuus nie. ‘n Teleskoop wat spesfiek na eksoplanete soek, Tess, het onlangs bevind dat daar twee aardagtige planete in ‘n sonnestelsel is.
    30 min
  • Sterre en planete 22 Januarie 2022
    Daar is ‘n groen komeet wat in Februarie oor Suid-Afrika sigbaar sal wees met ‘n verkyker.  Willie Koorts en Matie Hoffman gesels oor hierdie besoeker aan ons hemelruim. Sterrekykers is veral opgewonde omdat dit 50 000 jaar gelede naby die aarde was. ‘n Luisteraar wil weet wat van die satelliete geword het wat aan boord die vuurpyl was wat onlangs nie volledig in ‘n baan ontplooi kon word nie. Die tweede stadium van die vuurpyl het nie ontsteek nie. Daar is ook nuus oor navorsing wat gedoen is om die doeltreffendheid van sonpanele met tot ‘n duisend keer te verbeter.
    27 min
  • Sterre en planete 15 Januarie 2023
    Is daar iets soos ‘n suksesvolle mislukking? In die wêreld van ruimtetegnologie word daar dikwels hierna verwys. Die onlangse mislukte poging van die Britte om ‘n vuurpyl van ‘n vliegtuig af te lanseer, is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Nuwe navorsing wys dat ons son nie ‘n tipiese ster is nie. Suid-Afrikaanse satellietbouers het nog ‘n mylpaal bereik deur ‘n kubsat te lanseer, wat spesifiek daarop gemik is om landbouwaarnemings te doen.
    25 min
  • Sterre en planete 8 Januarie 2023
    Hoe word die grootte van die heelal bepaal? Stefan Lotz van Sansa kyk na die aktiwiteit van die son en vertel van die sonwind wat water op die maan skep. Daar is nuus oor die Hubble-ruimteteleskoop wat in 1990 gelanseer is, wat moontlik nuwe lewe gaan kry vanweë Nasa se samewerking met Space X. ‘n Groen komeet is op pad en sal weldra in die suidelike halfrond gesien kan word.
    24 min
  • Sterre en planete 1 Januarie 2023
    2022 is gekenmerk deur drie uitstaande gebeurtenisse in ruimtevaart. Die James Webb-ruimteteleskoop is op Kersdag in 2021 die lug in geskiet, en het in die loop van 2022 ruimtewetenskaplikes verbaas oor die gehalte van die eerste beelde wat ontvang is. Die Dart-sending, waartydens ‘n tuig teen ‘n asteroïde gebots het, het ook vrugte afgewerp, en bewys dat ‘n ruimteklip wel deur ‘n tuig effe van rigting kan laat verander. Die Artemissending het glad verloop en die weg gebaan vir die volgende maanlanding waartydens mense op die maan geplaas sal word.
    27 min
  • Sterre en planete 25 Desember 2022
    Daar is al baie bespiegel oor wat die Bethlehemster presies was. Was dit ‘n konjunksie of ‘n okkultasie? Die span praat ook oor die drie konings in die somerkonstellasie. die Oriongroep, en die Rigel- en Betelgeuse-sterre. Twee gereelde spanlede, prof. Matie Hoffman en Willie Koorts, vertel wat hulle werk behels.
    27 min
  • Sterre en planete 18 Desember 2022
    Teleskope was tradisioneel aardgebonde. Dis eers heelwat later dat ruimteteleskope soos die Hubble, die Kepler en Chandra om die aarde begin wentel het om waarnemings te doen. Nou word fyner gewerk aan die moontlikheid om teleskope met balonne op te stuur om waarnemings bo die atmosfeer te doen. Daar word ook gepraat oor die heelal wat uitdy, met ander woorde alles beweeg weg van mekaar af. Nou hoor ons egter dat ons buursterrestelsel, Andromeda, stadig besig is om nader aan ons Melkweg te beweeg. Wat beteken dit?
    30 min
  • Sterre en planete 11 Desember 2022
    Die reuse Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico het in 2020 in duie gestort, en is onherstelbaar beskadig. Die teleskoop het ‘n groot rol gespeel in die radiodeel van sterrekundige waarnemings. Intussen is ‘n ander groter radioteleskoop in China opgerig om waarnemings van die son te doen. Willie Koorts vertel hoe SALT se spieëls skoongemaak word, en hoe dikwels.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.