Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 2 Julie 2023
    Dit neem ‘n ruimtevaarder ses ure om voor te berei vir ‘n ruimtewandeling. Elke wandelaar dra ook ‘n spesifieke pak wat net vir hom of haar gemaak is. Na aanleiding van die tragedie met die Titan-duikboot praat die span oor soortgelyke uitdagings in die ruimte, en die maatreëls wat getref word om ruimtedruk te hanteer.
    28 min
  • Sterre en planete 25 Junie 2023
    In videogrepe van die Internasionale Ruimtestasie sien mens dikwels van die bemanning wat take buite die tuig doen. Hulle is gewoonlik baie helder verlig teen die swart ruimteagtergrond. Waar kom die lig vandaan? Ons hoor ook waarom die ruimte so doknker is in weerwil van die baie sterre wat mens sien. Lafras Smit vertel wat in Julie in die ruimte te sien sal wees. Willie Koorts en Hennie Maas vertel hoe hulle in sterrekunde begin belangstel het. Die span praat ook oor die sonstilstand van die afgelope dae.
    27 min
  • Sterre en planete 18 Junie 2023
    Kunsmatige intelligensie is deesdae ‘n gonswoord. Wat beteken dit vir ruimtenavorsing en sterrekunde? Matie Hoffman praat uit New York oor sy besoek aan die American Museum of Natural History.
    28 min
  • Sterre en planete 11 Junie 2023
    Is die volgorde van rotsagtige planete en dan gasplanete, tipies van elke ster se planete in die ruimte? Betelgeuse, wat naby die Orionkonstellasie gevind kan word, begin manewales uithaal. Hoekom is dié ster so onstabiel? Stefan Lotz praat oor die 11 jaar sonsiklusse en die Maunder-minimum toe daar tussen 1645 en 1715 feitlik geen sonsiklusse was nie. Dis was by tye so koud dat die Teemsrivier in Londen gevries het.
    28 min
  • Sterre en planete 4 Junie 2023
    Kommunikasie in die ruimte is belangrik. Soos ruimtetuie verder die ruimte inklief, moet aanpassings gemaak word. Jim Adams verduidelik hoe lastertegnologie ingespan kan word om dataaflaaisnelhede veelvoudig te verhoog. Skylab, die voorloper van die Internasionale Ruimtestasie, is 50 jaar gelede die ruimte ingestuur. In die verlede is aanvaar dat Jupiter die planeet is met die meeste mane. Daar is nou vasgestel dat die ringplaneet, Saturnus, meer mane het.
    27 min
  • Sterre en planete 28 Mei 2023
    Donker energie is ‘n moeilike begrip om te beskryf, maar prof. Matie Hoffman is die regte persoon om dit te doen. Kunsmatige intelligensie is deesdae ‘n gonswoord. Die vraag is nou watter toepassings dit in ruimtetegnologie het. Jaarringe word gebruik om ‘n boom se ouderdom te bepaal. In ‘n sekere mate kan yslae ook gebruik word om die aarde se geskiedenis vas te stel. Navorsers in Japan het onlangs inligting daaroor in ‘n gesaghebbende wetenskaplike joernaal gepubliseer. Private ruimtevaarders het onlangs met die Dragon-ruimtetuig na die Internasionale Ruimtestasie vertrek. In RSG Geldsake het Ryk van Niekerk met André Pienaar van Axiom oor die projek gesels. Ons luister na ‘n fragment van hierdie gesprek.
    30 min
  • Sterre en planete 21 Mei 2023
    Christian Andreas Doppler word beskou as die eerste om die Doppler-effek wat op baie terreine gebruik word, te beskryf. In Sterrekunde word die verskynsel aktief gebruik, byvoorbeeld om eksoplanete te ontdek. Die span verduidelik wat dit is en hoe dit werk. As mens in sterrekunde van ‘n ligjaar praat, is dit ‘n periode of is dit ‘n afstand? Ons weet dat daar in die ruimte drie voorwerpe is: asteroïdes, meteore en meteoriete – wat is die verskil?
    27 min
  • Sterre en planete 14 Mei 2023
    Die son is tans baie aktief. Is hoë sonaktiwiteit voordelig vir jou sonpanele? Die antwoord sal jou verbaas. ‘n Luisteraar wil ook weet wat die uitwerking op die menslike liggaam sal wees as die mens uiteindelik ‘n reis na Mars onderneem.
    27 min
  • Sterre en planete 7 Mei 2023
    Die Voyager satelliete is tans die verste mensgemaakte voorwerpe wat die ruimte ingeskiet is. Voyager 2 beleef tans beurtkrag omdat sy kernkrag oor jare afgeneem het. Nietemin is die satelliet nog funksioneel al is hy 122,6 astronomiese eenhede van die aarde af. ‘n Astronomiese eenheid is die afstand van die aarde af na die son – 150 miljoen kilometer.
    25 min
  • Sterre en planete 30 April 2023
    Wanneer daar oor die aktiwiteite van die son gepraat word, word daar dikwels na plasma verwys. Wat is plasma? Is dit moontlik om van die suidpunt van Suid-Afrika auroras te sien? Die Amerikaanse lugvaartadministrasie het ‘n ondersoek gelas na SpaceX se Starship wat tydens lansering ontplof het.
    27 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.