Ons hoor by Lafras Smit wat ons in Februarie se naghemel kan sien. Met al die opwinding oor die sogenaamde oplyning van die planete, sowel as ‘n lekker helder blote-oog komeet, kan ons nie anders as om breedvoerig hieroor te gesels nie. Ons kyk ook na die GAIA-satellite se sending wat verlede week tot ‘n einde gekom het. In Ruimteraai vra ons: Lyk die maan anders soos gesien uit Suid-Afrika teenoor vanuit Frankryk?