Ons verrassingsgas, Edward Foster, is ’n afgetrede lektor in biochemie, ’n kranige amateursterrekundige en is baie betrokke by sterrekundeuitreike na byna enige denkbare sfeer van die samelewing, selfs siggestremde persone. En dan is daar Snorre, die kat, wat oral saamry na SALT, die SKA, en op die tafel sit terwyl sy baas aanbiedings doen vir skoolgroepe! Ons hoor ook van die oorsprong van pragtige name vir volmane, wat perfek van toepassing is op ons in Suid-Afrika, om die niksseggende Amerikaanse name te vervang waarmee sosiale media ons voortdurend bombardeer.