Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 15 Maart 2026
    John Booth vertel wat agter die skerms gebeur van hoe SALT uit sy Amerikaanse tweeling ontstaan het, en van die verbeteringe wat die Suid-Afrikaanse span aangebring het. Ons hoor ook die storie hoe dit gebeur het dat ‘n teleskoop in Texas vandag nog ses koeëlgate in sy hoofspieël het!
    28 min
  • Sterre en planete 8 Maart 2026
    Vir die eerste keer in 1 355 dae was die son vlekkeloos, d.w.s. geen sigbare sonvlekke aan die aardgerigte kant van die son nie. Dr. Stefan Lotz verduidelik wat dit beteken. Professor Matie Hoffman beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor kwantumverstrengeling.
    26 min
  • Sterre en planete 1 Maart 2026
    Jim Adams bring ons op hoogte van die jongste stand van die Artemis II-sending na die maan. Die praat oor hoe lanserings en satelliete botsings vermy, en hoe die bestuurders van die Marskarretjies hulle lewens- en slaapptrone moet sinkroniseer met dag en nag op Mars.
    25 min
  • Sterre en planete 22 Februarie 2026
    Ons kyk uitgebreid na die hoogtepunte van Maart se naghemel, wat interessante komeetnuus bevat. Het jy geweet dit is moontlik om van Jupiter se mane met die blote oog te sien? Het ons son ‘n naam?
    24 min
  • Sterre en planete 15 Februarie 2026
    Ons verrassingsgas neem ons op ‘n lang reis met ‘n paar staaltjies van hoe dit is om vrou alleen deur lang nagte in Sutherland se koepels te werk, hoe hulle vir 18 maande lank ‘n fout herstel het in een van SALT se mees delikate optiese stelsels, asook ‘n agter-die-skerms-kyk hoe SALT bedryf word. Ons reis eindig in die Atacamawoestyn in Suid-Amerika op, wat beskryf kan word as ‘n pelgrimstog na die heilige land van grondgebaseerde sterrekunde, waar jy die grootste teleskope ter wêreld sal aantref.
    28 min
  • Sterre en planete 8 Februarie 2026
    Jim Adams beantwoord ‘n skynbaar eenvoudige kort luisteraarsvraag oor hoe satelliete gelanseer word, wat op ‘n uitgebreide bespreking uitloop, voordat die span die jongste nuus oor die redes vir die uitstel van die lansering van die Artemis 2-sending na die maan in perspektief bring.
    28 min
  • Sterre en planete 1 Februarie 2026
    Dr Stefan Lotz praat oor die geweldige getalle betrokke toe die onlangse massa-uitbarsting van die son, die aarde getref het. Dit het rare groen aurora, of te wel suiderligte, veroorsaak in Suid-Afrika. Met die duisende satelliete, word die kans dat die lae-aarde-wentelbaan sonder waarskuwing kan ineenstort, al hoe groter.
    28 min
  • Sterre en planete 25 Janaurie 2026
    Ons vind meer uit oor ’n gedeeltelike sonsverduistering in Februarie. Net soos die slimfoon ons lewe drasties verander het, so het die slim-teleskoop gekom om astrofotografie radikaal op sy kop te draai. Hoor hoe Johan le Roux te werk gegaan het om komeet, 3i/ATLAS, met sy splinternuwe slim-teleskoop af te neem.
    28 min
  • Sterre en planete 11 Januarie 2026
    Dr. Stefan Lotz van SANSA praat oor die vooruitsigte vir 2026. Die res van die program kom weer uit die oorskietstukkie-leêr op Willie se rekenaar, waar hy waardevolle brokkies bêre wat voorheen gesny moes word wanneer ’n opname te lank geraak het. Eers hoor ons van Sirius, wat in die verre toekoms ons poolster sal word. Daarna gesels ons uitgebreid oor kosmiese strale, asook van ’n spesiale tassie wat wetenskaplikes op kommersiële vlugte saamvlieg om die hoeveelheid straling te meet wat mense, veral vlugpersoneel, aan blootgestel word op die hoë hoogtes waar moderne vliegtuie vlieg.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.