Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete: Maan-na-Mars-marathon; 20 Julie; Herwinning van vuurpyle

    2 Augustus 2026: Jim Adams vertel van ’n Maan-na-Mars-marathon, en hoekom 20 Julie ’n spesiale datum is vir die Maan en Mars, met ’n besonderse Suid-Afrikaanse verbintenis. Ons hoor hoe StarShip gebou word om te verhoed dat die vuurpyl swig onder die geweldige lanseringskragte, en dat daar nou vier ruimteagentskappe is wat vuurpyle weer hergebruik deur hulle terug te land op aarde. Het jy geweet SpaceX spaar ongeveer $30 miljoen vir elke vuurpyl wat hulle herwin.

    27 min
  • Sterre en planete: Maansverduistering in Augustus
    26 Julie 2026: Augustus se hoogtepunte sluit in ‘n besonderse maansverduistering. Ons word ook weer herinner aan interessante Russiese sendings destyds, soos Spoetnik 5 in 1960 waarin twee honde, ’n konyn, veertig muise en twee rotte ‘n rit na die ruimte meegemaak het en weer veilig teruggebring is aarde toe.
    27 min
  • Sterre en planete: Agter die skerms
    19 Julie 2026: Het jy geweet dat Sterre en Planete oorspronklik as ’n vyfminuut insetsel in Hennie Maas se kontinuïteitskof begin het? Willie Koorts se eerste regstreekse uitsending op RSG was in Desember 2002 op die “Verduisteringstrein” vanaf die hoogste stasie in Suid-Afrika. Ons luister na uittreksels uit Willie Koorts se aanbieding by vanjaar se Vrystaat Kunstefees, STERRE EN PLANETE, AGTER DIE SKERMS.
    28 min
  • Sterre en planete: Hoekom flikker sommige hemelliggame in verskillende kleure?
    12 Julie 2026: Dr. Stefan Lotz het die jongste ruimteweervoorspelling. Ons hoor watter invloed die son op die ander planete in ons sonnestelsel het. ’n Luisteraar wil weet hoekom flikker party hemelliggame in verskillende kleure, terwyl ander net wit lyk? En, hoekom word die Hubble- en James Webb ruimteteleskope nie ingespan om eksoplanete te ontdek nie?
    27 min
  • Sterre en planete: Voyager 1; Perseverance Marskarretjie
    5 Julie 2026: Die 50-jaar oue Voyager 1-ruimtetuig moes nóg ’n instrument afskakel weens ’n tekort aan krag. JPL ingenieurs het ’n blink plan uigedink sodat die Perseverance Marskarretjie nou op Mars kan navigeer sonder GPS. Die volgende groot ruimteteleskoop het in Florida aangekom om binnekort gelanseer te word.
    28 min
  • Sterre en planete: Die lewe van ‘n tegnikus by ’n afgeleë sterrewag
    21 Junie 2026: Hoe is die lewe om as tegnikus by ’n afgeleë sterrewag op ’n koppie in die middel van nêrens te bly, en om diep in die nag uitgeroep te word om ’n fout op ’n teleskoop reg te maak? Toe die Covid-inperkings destyds toegeslaan het, was die Sutherland Sterrewag toevallig slaggereed, danksy stelsels wat in plek gesit is deur Pieter Fourie, ons gas in hierdie episode.
    27 min
  • Sterre en planete: Wat veroorsaak die kring om die maan?
    14 Junie 2026: Wat is helioseismologie? Dit is soos om aardbewings op die son te meet, maar vanaf die aarde! Waarvoor word dit gebruik? Hoe vorm die kring om die maan, en voorspel dit wind? Kan jy dieper in die ruimte kyk deur jou verkyker se fokus te verstel?
    27 min
  • Sterre en planete: Blue Origin-vuurpyl ontplof; kernafval in die ruimte
    7 Junie 2026: Daar was ’n massiewe ontploffing van ’n reuse Blue Origin-vuurpyl tydens ’n roetinetoets op die lanseerplatform by die Cape Canaveral Space Force Station in Florida in die VSA. Dit word gereken as die tweede kragtigste vuurpylontploffing ooit. ’n Luisteraar wil weet of dit moontlik is om kernafval te vernietig deur dit in die ruimte in te stuur en met die son te laat bots.
    27 min
  • Sterre en planete: Die Suiderkruis en Wysersterre lyk soos kameelperde se koppe?
    31 Mei 2026: Johan le Roux vertel wat Junie se naghemel inhou, en ons hoor wat in daardie maand in die geskiedenis gebeur het. Hierdie tyd van die jaar sit die Suiderkruis en Wysersterre soggens baie laag, en verdwyn selfs in sekere dele van die land. Dit het aanleiding gegee tot interessante plaaslike sterrestories, wat hierdie helder sterre assosieer met kameelperde, wat se koppe net-net bo die bome uitsteek.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.