Die onlangse aanvalle deur Boko Haram in Nigerië is van die mees geweldadige sedert die militante groep ses jaar gelede die land ingesypel het. Die land se weermag word daarvan beskuldig dat hy nie in staat is om die aanvalle te keer nie, maar die soldate sê Boko Haram is beter toegerus as hulle. Intussen is daar vrae oor hoekom Afrika en die internasionale gemeenskap skynbaar ongeërg is oor die gebeure in Nigerië.