Met die verwoestende brande in die Suid-Kaap en die oorweldigende storms in die Kaap, besef 'n mens net weer hoe maklik 'n ramp enige een van ons kan tref. Jy kan nie altyd die emosionele impak van so iets voorspel óf beheer nie, maar jy kan ten minste finansiële voorsorg tref. 'n Versekeraar verduidelik vir ons hoe om jou huis en besittings teen die soort rampe te beskerm. 'n Kenner van die arbeidsmag kyk na wat die impak van die afgraderings en die resessie waarin Suid-Afrika hom tans bevind, op jou werksituasie het en veral hoe dit jongmense raak.