As jy bang is vir vlieg en die woord, turbulensie, jou hartklop laat versnel, moet jy maar nóú vlieg terwyl dit nog relatief gemaklik is. Britse wetenskaplikes voorspel dat aardverwarming die intensiteit en voorkoms van turbulensie sal verhoog. Die voorspelling is dat mens hier teen 2050 hare op jou tande sal moet hê om veral oor die Noord Atlantiese Oseaan te vlieg.