Johan van Lill gesels met ontwikkelingskenner, dr. Melodie de Jager, oor die ontwikkeling van die tassintuig. Die tassintuig is ons grootste sintuig en speel 'n belangrike rol in hoe kinders leer en ontwikkel. Ons gee wenke oor hoe ouers en versorgers dit tuis kan ontwikkel om kinders se passiewe leefstyl, wat die normale ontwikkeling van hierdie sintuig belemmer, teen te werk.