Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige ee... more
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 624 episodes available.
August 06, 2026Groeipyne: Borsvoedingdieet6 Augustus 2026: Borsvoedingsweek 2026 se tema is BORSVOEDING VIR ‘N VOLHOUBARE LEWENSBEGIN: VERSTERK WAT WERK. Dieetkundige en borsvoedingskonsultant Natascha Olivier gee raad aan borsvoedende mammas oor ‘n gesonde dieet....more22minPlay
July 30, 2026Groeipyne: Hoe gemaak as jou graad 1-kind nie die mas opkom nie?30 Julie 2026: Hoe gemaak as jy deur jou kind se skool ingeroep word omdat jou kleintjie blykbaar nie die mas kan opkom in Graad 1 nie? Karin Visser deel haar gesin se ervaring hiervan, hulle soeke na hulp, en hoe sy uiteindelik ‘n neuro-kognitiewe opleidingsprogram begin het om ander ouers en kinders te help....more23minPlay
July 23, 2026Groeipyne: Borsvoeding23 Julie 2026: Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beveel aan dat mamma’s hulle suigelinge eksklusief borsvoed vir die eerste ses maande ná geboorte. Maar gebeur dit in praktyk? Professor Christine Taljaard-Krugell van die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Uitnemendheid in Voeding het ‘n artikel geskryf oor borsvoeding, en die prys wat hiervoor betaal word....more23minPlay
July 16, 2026Groeipyne: Musiekterapie16 Julie 2026: Wat is die waarde van musiekterapie vir kinders se algehele welstand en ontwikkeling. Musiekterapeut Anja Pollard vertel wat dié soort terapie behels....more23minPlay
July 09, 2026Groeipyne: Leesprojek vir Graad R tot Graad 39 Julie 2026: Deur vir 'n kind voor te lees en stories te vertel, ontsluit jy soveel meer as net hulle verbeelding. Dis ‘n verrykende ervaring vir sowel leser as luisteraar. Nelmarie Kemp van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans vertel van hulle Zoe-leesprojek vir Graad R tot Graad 3, en hoe hulle leesfasiliteerders in gemeenskappe oplei....more22minPlay
July 02, 2026Groeipyne: Oogprobleme by voorskoolse kinders2 Julie 2026: Sig is een van die mens se vyf tradisionele sintuie. Ons oë help ons om die wêreld om ons te kan sien en verken. Natasha Pieterse, ‘n pediatriese oogkundige, vertel van die oogprobleme wat by voorskoolse kinders kan opduik, en ons hoor of die eet van wortels wel help om goeie sig te bevorder....more23minPlay
June 25, 2026Groeipyne: Toepassing van dissipline by voorskoolse kinders25 Junie 2026: Ouers vind dit soms moeilik om oënskynlike negatiewe opmerkings oor hulle kinders se onaanvaarbare gedrag te aanvaar. Hulle is dadelik op die aanval en gereed die kinders te verdedig, want heel dikwels sien ouers hulle kinders as ‘n verlengstuk van wie hulle is. Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever praat oor dissipline en die toepassing en handhawing daarvan....more23minPlay
June 18, 2026Groeipyne: ‘Leer moet prettig wees’18 Junie 2026: Wanneer ons dink aan leer, dink ons aan boeke, oefeninge en formele onderrig. Maar is dit wat jong kinders nodig het? Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeëkinderontwikkelingspesialis, glo dat leer, veral in die voorskoolse fase, prettig moet wees....more24minPlay
June 11, 2026Groeipyne: Die belangrikheid van speel11 Junie 2026: Met Wêreld-Speeldag wil die Verenigde Nasies die aandag te fokus op die belangrike rol van speel in kinders se ontwikkeling. Ons praat hieroot met spelterapeut en kliniese sielkundige, Jo-Marie Bothma....more21minPlay
June 04, 2026Groeipyne: Wat doen ons om kinders te beskerm?4 Junie 2026: Kinderbeskermingsweek is ’n tyd waarin bestek geneem moet word van kinders in onveilige situasies en omgewings, en wat ons as ‘n samelewing kan doen om hulle te beskerm. Maatskaplike werker Edith Kriel vertel van haar organisasie, JellyBeanz, wat dienste verskaf aan kinders en hulle gesinne wat trauma beleef het....more22minPlay
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 624 episodes available.