Oscar Pistorius moet tronk toe gaan. Dit is die mening van die uitvoerende hoof van die QuadPara-vereniging van Suid-Afrika, Ari Seirlis. Hy het die mening in 'n artikel in die aanlyntydskrif, The Daily Maverick, uitgespreek. Hy sê onder andere dat baie gestremdes verkies om soos ander mense behandel te word.