Die redakteur van die Mail and Guardian, Nic Dawes, sê hy weet niks van mediaberigte oor enige sogenaamde ondersoek na sy koerant deur die Nasionale vervolgingsgesag nie. Die Mail and Guardian en president Jacob Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj het vroeër die week koppe gestamp nadat die weekblad 'n berig oor Maharaj wou plaas wat sy beweerde betrokkenheid by en finansiële voordeel uit die wapenskandaal sou ondersoek. Gister is die relevante gedeeltes in 'n artikel egter met swart strepe gesensureer nadat Maharaj die koerant met regstappe gedreig het. Anita Visser praat hieroor met Dawes.