Suid-Afrikaners en Iere is vandeesweek week geskok deur die raaiselagtige dood van 'n Suid-Afrikaanse egpaar in Ierland. Daar word berig dat die egpaar, Cornelius Billing en Angie Booysen-Billing, tydens 'n stryery mekaar met 'n mes gesteek het. Albei is aan hulle wonde dood. Angie se ma, Mossie Billing, sê hulle probeer nou om die twee dogtertjies, die vierjarige Pamela en die tweejarige Corne, na Suid-Afrika terug te bring.