Dis eksamentyd en almal weet dat 'n gebalanseerde dieet in hierdie stresvolle tye vir jou kind baie belangrik is – maar wat gee ek my kind om te eet tydens eksamentyd? Johan van Lill gesels met dieetkundige Andrea du Plessis oor breinkos en aanvullers tydens die eksamen. Andrea gee ook 'n heerlike smoothie-resep wat ideaal is vir eksamentyd.