Volgens Statistieke Suid-Afrika het 67 000 mense hulle werk in die tweede kwartaal vanjaar verloor. In die derde kwartaal het dit nie veel beter gegaan nie. Suzaan Steyn kyk na maatreëls wat maatskappye kan volg om hierdie soort afleggings te voorkom. Nuwe wetgewing wat verbruikers beskerm teen “smouse” wat onnodige polisse aan hulle wil verkoop, word bespreek. En 'n finansiële adviseur verduidelik wat OPENBAARMAKING behels en hoekom dit so belangrik is wanneer jy lewensdekking uitneem.