Dit was vandeesweek presies tien jaar gelede wat die Sokker Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika begin het. Die eerste wedstryd is op 11 Junie 2010 by die ENB-stadion in Johannesburg gespeel. Bafana Bafana het teen Mexiko gespeel. Die speler wat die doel vir Suid-Afrika aangeteken het, Simphiwe Tshabala, sê die dag sal altyd vir hom 'n spesiale betekenis hê. Die Suid-Afrikaner, Jerome Damon, was die enigste skeidsreger om die land by die sokkerskouspel te verteenwoordig. Jody Hendricks het met hom oor oor sy ervaring gepraat.