
Sign up to save your podcasts
Or


Deel 1: CJ van der Linde gesels oor die belangrikheid van familie, ondersteuning en finansiële verantwoordelikheid in sy lewe en loopbaan. Hy en sy gesin het doelbewus besluit om bymekaar te bly, eerder as om ver van mekaar oor internasionale waters te woon, en dit het gehelp om ’n gebalanseerde lewe te lei, veral noudat hulle sedert Julie vanjaar permanent in Pretoria woon. Hy deel ook finansiële foute vroeër in sy loopbaan, soos die bestuur van ’n verkoelingvervoerbesigheid, en hoe die leiding van sy pa en ’n betroubare finansiële adviseur hom gehelp het om verantwoordelike finansiële besluite te neem.
Deel 2: Breyton Paulse, gebore op 25 April 1976 in die Koue Bokkeveld, het op ‘n plaas grootgeword met ‘n eenvoudige leefstyl. Hy het nooit beplan om ‘n professionele rugbyspeler te word nie. Rugby was eerder ‘n passie as ‘n leefstyl. Terwyl hy aan Stellenbosch Universiteit studeer het, wou hy net sy studies voltooi en ‘n kliniese sielkundige word. Toe rugby in die laat 1990’s professioneel draai, het Breyton sy kans gekry, maar dit was nooit sy aanvanklike motivering om ryk te word nie. Hy het in 2007 sy tokse opgehang ná 64 toetswedstryde en 26 drieë. Hy het daarna aktief in sportkommentaar en televisie betrokke geraak. Professionele rugby het ‘n tydelike inkomste verskaf, maar hy het vroeg reeds besef dat dit nie vir ewig sal hou of vir sy oudag sorg nie. Hy het belanggestel in bemarking en media as loopbaankeuses ná sy speeljare. Breyton se pad weerspieël ‘n balans tussen eenvoud, passie en realisme. Hy het nie met geld of rykdom as doel begin nie – eerder het hy sy opleiding en liefde vir sport aangepak, en toe rugby professioneel word, het hy daarin geslaag om 'n loopbaan te bou.
Nico Matthee, welvaartbeplanner by Portfolium en Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
Corné Welman en Lee-Ann Whitehead, welvaartbeplanners van Portfolium, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
Jannie Louw, welvaartbestuurder by Portfolium en Dr Steve Minnaar, portefeulje bestuurder by Abax Investments, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
Corné Welman, welvaartbeplanner by Portfolium, gesels oor die belangrikheid daarvan dat vroue beheer oor hul finansies neem.
Corné Welman en Nico Matthee, welvaartbeplanners by Portfolium, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
Corné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium, en Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
Jannie Louw, welvaartbeplanner by Portfolium en Nerina Visser, ETF strateeg en adviseur by etfSA, beantwoord die vrae wat luisteraars sakke raak.
Charl Swart, stigter en uitvoerende hoof van Portfolium, gesels oor Portfolium se aanbieding.
From the publisher's feed
Financial Advice