Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman en SuperSport se Marco Botha oor die Springbokke se skoknederlaag teen Argentinië in Mendoza.
Ons peins oor die Rassie se tameletjie op losskakel en neem ook die oneffektiewe lostrio onder oë.
Speeltyd:
Wat het skeefgeloop (0m 47s)
Rassie se kopseer op losskakel (10m 10s)
Heelagter opsies en 'n gebrekkige lostrio (33m 11s)
Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.