Beweeg die aarde in 'n sig-sag patroon of in 'n reguit baan om die son? Hoekom is dit so moeilik om iets soos 'n teeblaar uit 'n koppie tee te skep? En hoekom beweeg die gasborrels in 'n Lager-bier na bo, terwyl die borrels in 'n swartbier of stout na onder beweeg?