Elke jaar misluk daar in Suid-Afrika talle skemas wat aan beleggers buitengewone opbrengste belowe – meestal goed verdoeselde piramiedeskemas waarin beleggers honderde miljoene rande verloor. Te veel mense het al die slagoffers geword van pragtige beloftes en uiteindelik niks oorgehou van hulle swaarverdiende spaargeld nie. Helen Ueckermann praat met André Prakke, forensiese rekenmeester wat al talle sulke geldmaakskemas ondersoek het, oor die gevare van hierdie skemas en hoe om dit te vermy.