Van tyd tot tyd raak almal van ons kwaad vir 'n situasie, of iemand anders. Dit is normaal, maar wanneer jy nie meer jou woede-uitbarstings kan beheer nie – wat beteken dit? Louis en Lisa kyk na die oorsake van woede-uitbarstings, wat die gevaar is van langdurige woede op 'n fisiologiese en emosionele vlak, en hoe om te leer om jou woede te beheer.