Die N!U-taal wat al jare lank aan die uitsterf is, kry nou uiteindelik sy regmatige plek in die letterkunde. Die Khomani-San het die inheemse taal se eerste boek by Askam in die Kalahari bekend gestel. Nog net vyf mense in die wêreld kan die taal praat.