Dis vandag die laaste dag van Internasionale Kreatiwiteit- en Innovasie-week. As jy altyd gedink het net regterbrein-mense kan kreatief wees, is jy verkeerd. Henning Pieterse van die Universiteit van Pretoria se eenheid vir kreatiewe skryfwerk sê hy sien gereeld hoe wiskundiges en werktuigkundiges die verbeelding vrye teuels gee.