Die jaar is so te sê op sy rug, en die meeste mense sien uit na die vakansietyd wat voorlê. Hulle sukkel egter om hulle energie te behou om deur die laaste paar weke van die jaar te kom. Hoe kan jy jou battery nóú herlaai? Meer belangrik, hoe kan jy seker maak jy ontspan tydens die vakansie om met 'n vol battery die nuwe jaar te begin?