Die meeste ouers kan nie wag dat hulle kinders begin praat nie. Maar dan kom die groot verrassing – net omdat daar nou woorde uit jou kleinding se mond kom, beteken dit nie noodwendig dat jy en jou kleinding mekaar kan of wil verstsaan nie! Johan van Lill praat met Heidi Malan, 'n oueropleidingspesialis, oor hoe om met jou kinders te praat dat hulle na jou sal luister.