Waarvoor is jy verseker, en hoe goed? En is jy seker dat jou versekering sal uitbetaal indien jy hulle nodig het? 'n Luisteraar vertel van sy verlies toe sy viertrekvoertuig vol kos en besittings voor 'n lang reis gesteel is. 'n Versekeringsmakelaar praat ook oor die grootste versekeringsflaters en hoe mens dit kan vermy.