Gereelde en eerste keer padgebruikers van die Schoemanskloof N4 tolpad tussen Waterval Boven en Nelspruit, oppad na die Mpumalanga-laeveld, het die afgelope week opgemerk dat die bekende padbou-voorman, Old Joe, weer sy oorspronklike pak klere aan het. Ou Joe is vanjaar 90 jaar oud. Jan Viljoen in Nelspruit ken Joe al van kindsbeen af.