Kan babers in die modder van ‘n droë plaasdam oorleef? Hoe plant toktokkies voort en hoekom tref ‘n mens sekere jare so baie oogspuiters aan? En hoeveel meriete is daar in die Australiërs se aanspraak dat die naam akasia slegs op Australiese bome van toepassing is?