Om deur 'n middeljarekrisis, of 'n midlife crisis te gaan, is nie net vir die individu 'n deurmekaar en ongemaklike lewensfase nie, maar het ook 'n direkte uitwerking op die mense om hulle. Vermoed jy jou man/vrou ervaar tans 'n middeljarekrisis? Voel jy jy hanteer die situasie reg en gee vir jou lewensmaat die nodige ondersteuning en spasie om gemaklik deur hierdie fase te gaan? Louis en Lise gesels oor opsies hoe jy jou lewensmaat kan bystaan in hierdie fase, maar terselfdetyd seker maak jy kyk mooi na jouself.