In hierdie episode praat ek met Lisa (skuilnaam). Lisa is 'n sekswerker van die Kaap. Sy was baie gewillig om te praat en haar storie te vertel. Sy’t wel gevra dat ons haar stem vermom. Heeltemal te verstane. Veral na jy die episode geluister het. Ons praat oor haar lewe, die seksbedryf, vreemde kliënte en vele meer.