Wat Gaan Aan?

Wat Gaan Aan?

Download on the App Store

Wat Gaan Aan? episodes

  • #11 Addiction
    In hierdie episode praat ek met Freddie van Rensburg. Hy's 'n addiction/verslawingsberader, geregistreer by die Raad van Verslawingskonsultante en die Vereniging vir Ondersteunende Beraders en Holistiese Praktyke.
    Hy het 'n Honneurs in Sosiologie, wat spesialiseer in Gesinsosiologie, Groepsdinamika en Bedryfsosiologie. Hy het daarna sy beradingskwalifikasie deur UNISA gedoen. Sy fokus is op verslawing en verslawende gedrag in al sy vorme en manifestasies (van alkohol en dwelms tot kos, seks, liefde en enige vorme wat verslawing kan aanneem) Hy het ook 'n spesiale liefde en band vir die 12-step Program.
    Sy Podcast getiteld: Meet me in the Field is op alle podcast platforms beskikbaar en hy is ook die skrywer van die boek Life Anon: A 12 step guide to life for non-addicts.
    1 hr 17 min
  • #10 Die UFO Chaser
    Tydens 'n baie donker en moeilike tyd in sy lewe, het Dirk van Tonder afgekom op materiaal en inligting oor ET's ( Extra Terrestrial beings) en VVV's ( Vreemde Vlieënde Voorwerpe). Vir 5 jaar lank het hy dieper en dieper begin ondersoek instel oor hierdie vreemde verskynsels wat, volgens hom, orals is en vir almal sigbaar is. In 2019 het hy sy eerste 'Orb' ( 'n figuur in die lug)gewaar en die res is geskiedenis. Hierdie episode is out of this world!
    1 hr 9 min
  • #9 Die Paramedic
    Debbie Mathys werk nou al die afgelope 13 jaar by Metro EMS. Sy het in 2008 begin as 'n basiese ambulans assistent en assistent vir intermediêre lewensondersteuning. Daarna kwalifiseer sy die Nasionale diploma, Advanced life support Paramedic in 2020.
    Sy spesialiseer as 'n gevorderde paramedikus, hoofsaaklik in ICU, naamlik pasiënte wat uit een ICU -hospitaal vervoer word na 'n ander ICU -hospitaal op 'n ventilator, vitale monitor en die toerusting wat gebruik word om medisyne aan die pasiënt toe te dien.Haar ander oproepe is veelvuldige ongevalle op 'n ongelukstoneel.Pasiënte wat vasgekeer was in motorongelukke of ander ongelukke op 'n werksplek of konstruksieplek, of net kritieke pasiënte oor die algemeen. Ek hoop jy geniet dit net so baie soos ek!
    1 hr 9 min
  • #8 Die Bordeeleienaar
    Ek praat in hierdie episode met Michael ( Skuilnaam). Michael is 'n bestuurder. 'n Bestuurder van vroue. Sekswerkers. Michael vertel van die uitdagings in die seksbedryf, om vir die vrouens in hierdie industrie 'n veilige hawe te bied. Die netwerk van mense wat saam met hom werk en sy sekuriteit, vorm almal deel van hierdie wêreld waarin hy homself bevind. 'n Wêreld waarvan hy maar eers onlangs deel is. Ons praat ook oor sy lewe voor dit. Die bordeeleienaar industrie klink besig. Baie besig..
    53 min
  • #7 Die Feminis
    Azille Coetzee is ’n postdoktorale navorser in gender en dekolonisasie aan Universiteit Stellenbosch by die Sentrum vir Historiese Trauma en Transformasie. Sy het ’n PhD in filosofie van die Vrije Universiteit van Amsterdam en Universiteit Stellenbosch. Sy is die skrywer van In my vel (Tafelberg), ’n memoir oor witheid en Afrikaans-wees. Haar navorsing is in verskeie internasionale feministiese joernale gepubliseer en sy skryf soms vir plaaslike Afrikaanse publikasies soos Vrye Weekblad, Litnet en Rapport.
    1 hr
  • #6 Die Flat Earther
    Sami Liversage glo die aarde is plat.
    Of kom ek sê Sami WEET die aarde is plat. Dit is 'n knowing volgens hom...
    Luister saam waar ek Sami se brein pick oor sy bevindinge. Daar is heelwat...
    1 hr 13 min
  • #5 Magic Mushrooms
    Ek het vir Anton van Rensburg by ’n “Magic Mushroom”-seremonie in 2018 ontmoet waar hy die fasiliteerder was, en daarna weer by die “Sacred Mushroom”-tent by AfrikaBurn in 2019. Daar het hy daaglikse gesprekke gelei oor die waarde en positiewe effek van hierdie magiese plant wat onder meer gebruik word as medisyne vir die aansienlike en volhoubare verbetering in angs, depressie en PTSD. Baie mense rapporteer ook dat dit hulle geestelike welstand en lewensgehalte verhoog. Dis ’n mondvol, I know...Maar kom luister saam waar ons gesels oor ’n vrou met die naam Monica Cromhout; die seremonies self; die rol van ’n “watcher”; set en setting; en die belangrikste – die moets en moenies.
    Volksvreemd? You betcha!
    59 min
  • #4 Die Mormoon
    Ek het heerlik gesels met Oom Paul Kruger. Hy is die Ringpresident van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste dae. Ook bekend as die Mormoonse Kerk. Ek het baie vrae gehad oor die spesifieke gemeenskap en die geskiedenis daarvan. Hoe jy 'n sendeling word en natuurlik: The Book of Mormon. Daar word ook gepraat oor die miskonsepsies van die kerk en hoe dit hanteer word deur hulle. As jy meer wil weet oor hierdie geloof is jy by die regte plek.
    44 min
  • #3 Die Sekswerker
    In hierdie episode praat ek met Lisa (skuilnaam). Lisa is 'n sekswerker van die Kaap. Sy was baie gewillig om te praat en haar storie te vertel. Sy’t wel gevra dat ons haar stem vermom. Heeltemal te verstane. Veral na jy die episode geluister het. Ons praat oor haar lewe, die seksbedryf, vreemde kliënte en vele meer.
    1 hr 10 min
  • ...hier begin dit nou.
    Het jy al ooit jouself afgevra: Wat gaan aan?
    Dalk het jy dit net in jou kop geverbaliseer. Of saggies vir jouself in die stort gefluister. Of dalk hardop van ’n baie hoë krans geskree? Of dit net bloot aan jou twee katte gestel terwyl hulle diep in jou oë kyk.
    Die wêreld is mal en ek love dit. Meestal...
    Everything is a choice, en mense maak besluite om betekenis en waarde aan hulle lewe te heg. Partykeer maak dit sin. Partykeer nie. Wie gee om? Right?
    Join my, Wilhelm van der Walt, waar ek met die einstes praat wat probeer sin gee aan die lewe.
    Theme music: Charl-Johan Lingenfelder
    Poster design: Hanco Kamper
    2 min

About Wat Gaan Aan?

From the publisher's feed

Het jy al ooit jouself afgevra: Wat gaan aan?