Kan 'n mens van een plek na 'n ander beweeg deur bloot op te styg en te wag tot die betrokke plek saam met die aarde tot onder jou draai? Is daar enige verskil in die hoogte waarop 'n koeël 'n teiken tref as 'n mens met 'n geweer op- en afdraand skiet? As Suid-Afrika onder aan die aardbol geleë is, beteken dit dat die mense in die suidelike halfrond aan die aarde hang, of nie? Hoekom word 'n mens 'n naar as jy jou vinger in jou keel druk? Is dit waar dat 'n mens se vingernaels vinniger as jou toonnaels groei? En wat is die breinvolume van 'n volwasse mens se skedel?