Dit is vandag die laaste dag waarop die nuwe Anglo-Boereoorlog rolprent, Verraaiers, verfilm word. Agter die skerms bestaan die span meestal uit dieselfde groep mense wat Roepman vervaardig het, met Paul Eilers in die regisseurstoel. Volgens die vervaardiger, Sallas de Jager, het alles goed afgeloop, maar die uitermatige hitte en perde wat elke nou en dan hulle eie koppe volg, het wel vir 'n kopseer of twee gesorg.