Naweekaktueel het die week 'n draai gaan maak by die Vuleka Sint Michaels skool in Weltevredenpark in Johannesburg. Die laerskool se Afrikaanse onderwyser het besluit om 'n heel ander aanslag te neem om vir die kinders Afrikaans te leer. Sy het 'n Afrikaanse-kultuurdag gereël.