Hoe gemaak as jou aftrede so vinnig nader kom dat jy in 'n koue sweet uitslaan? Is 'n mens ooit te jonk om te begin spaar vir geld wat jy op jou oudag sal nodig kry? Aftrede is iets waaraan 'n mens nie graag dink tot jy op die drumpel daarvan staan nie. Helen Ueckermann praat met Nico van Gijsen van Finlac oor wat jou te doen staan sodat jou goue jare nie straks verander na jou sukkeljare nie.