Johan van Lill vertel hoe jy jou kind kan help om te studeer vir die eksamen. Hoe help jy jou kind om feite te onthou, moeilike begrippe baas te raak en om hulle werksgeheue te ontwikkel sodat hulle makliker kan leer? Baie kinders ondervind probleme om meer as drie tot vier goed op 'n slag te onthou, en Johan gee wenke oor hoe ouers hierdie vermoë van kinders kan ontwikkel.