Andromeda en ons melkweg is besig om stadig maar seker nader aan mekaar te beweeg. Wat is die moontlike gevolge van 'n botsing tussen die twee sterrestelsels? Daar is ook inligting oor die teleskoopbouer-byeenkoms, Scopex, wat op 13 September in Johannesburg plaasvind. Auke Slotegraaf vertel ook van die internasionale maankyk-aand.