Dis weer tyd vir hierdie week se rugby en sokker bespreking ná 'n opwindende naweek van uitslae.
Kobus Pretorius, Andre Huisamen en Jacques Joubert kyk na die Bulls se herlewing onder Pote Human en reken die span van Pretoria is Suid-Afrika se beste hoop in hierdie jaar se Superrugby-reeks.
Dan word daar gesels oor Arsenal se 2-0 wen oor Manchester United en Chelsea se desperate gelyk-uitslag teen Wolverhampton. Seges vir Liverpool en Manchester City hou ook die titel-resies aan die gang.
Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.