Kobus Pretorius is teleurgesteld. Jacques Joubert is tevrede. Hoekom? Want Manchester United speel volgende seisoen in die Europa League, maar voordat dit gebeur is daar 'n hele paar vrot appels waarvan Olé Gunnar Solskjaer eers ontslae gaan moet raak.
Chelsea, aan die ander kant, is terug in die Champions League, maar vir hom wag daar 'n ewe onsekere afseisoen.
Sug. Dis moeilik om tans 'n Man United ondersteuner te wees. Maar, dis steeds beter as om vir Chelsea of Arsenal te skree.