Watter rol speel DNS in die ontwikkeling van 'n embrio? Hoekom bly houtlym vloeibaar in 'n houer, maar vorm 'n stewige las as 'n mens dit aan twee stukke hout smeer en die hout vasklem? Kan paddas duisendpote eet sonder om van die gif dood te gaan? En hoekom kan 'n kat met gemak in 'n boom klim, en dan sukkel om weer uit te klim?