Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die bekroonde skrywer en akademikus, Andre P. Brink wat Vrydagaand aan boord 'n KLM-vlug van Amsterdam na Kaapstad gesterf het. Hy het vermoedelik 'n aneurisme gehad. Ivor Price praat met Tim Huisamen, 'n boesemvriend van Brink, en oudkollega by die Rhodes-universiteit.