Almal word ouer. Vir sekere mense is ouer word so 'n deel van die lewe dat hulle nooit daaraan dink nie, maar vir ander is dit 'n daaglikse realiteit en daar is selfs mense wat dit so vrees dat dit soms hulle lewens affekteer. Louis & Lise gesels oor die emosionele probleme wat gepaardgaan met ouer word, veral vir die laat-vyftig tot mid-sewentig ouderdomsgroep.