Nasa het onlangs bekend gemaak dat 'n horde nuwe eksoplanete deur die Keplerteleskoop waargeneem is. Hennie Maas praat eksklusief met dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, oor die betekenis van die ontdekking. JPL is een van die onderafdelings van Nasa. Ruimtewetenskaplikes het ook 'n interessante manier gevind om die planete op te spoor.