
Sign up to save your podcasts
Or


‘n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
(Ps. 37:1-4)
A Psalm of David. Fret not thyself because of evildoers, neither be thou envious against the workers of iniquity. For they shall soon be cut down like the grass, and wither as the green herb. Trust in the LORD, and do good; so shalt thou dwell in the land, and verily thou shalt be fed. Delight thyself also in the LORD; and he shall give thee the desires of thine heart.
(Psa 37:1-4 KJV)
Betoon jou in alles ‘n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid. Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.
(Tit. 2:7-8)
In all things shewing thyself a pattern of good works: in doctrine shewing uncorruptness, gravity, sincerity, Sound speech, that cannot be condemned; that he that is of the contrary part may be ashamed, having no evil thing to say of you.
(Tit 2:7-8 KJV)
En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
(Mar. 13:11-13)
But when they shall lead you, and deliver you up, take no thought beforehand what ye shall speak, neither do ye premeditate: but whatsoever shall be given you in that hour, that speak ye: for it is not ye that speak, but the Holy Ghost. Now the brother shall betray the brother to death, and the father the son; and children shall rise up against their parents, and shall cause them to be put to death. And ye shall be hated of all men for my name's sake: but he that shall endure unto the end, the same shall be saved.
(Mar 13:11-13 KJV)
Laat ‘n ander jou prys en nie jou eie mond nie; ‘n vreemde, en nie jou eie lippe nie...Openlike teregwysing is beter as verborge liefde. Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ‘n vyand is oorvloedig.
(Spr. 27:2-6)
Let another man praise thee, and not thine own mouth; a stranger, and not thine own lips... Open rebuke is better than secret love. Faithful are the wounds of a friend; but the kisses of an enemy are deceitful.
(Pro 27:2-6 KJV)
In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
(Gen. 1:1-3)
Die woord van die HERE het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.
(Jer. 1:4-5)
In the beginning God created the heaven and the earth. And the earth was without form, and void; and darkness was upon the face of the deep. And the Spirit of God moved upon the face of the waters. And God said, Let there be light: and there was light.
(Gen 1:1-3 KJV)
Then the word of the LORD came unto me, saying, Before I formed thee in the belly I knew thee; and before thou camest forth out of the womb I sanctified thee, and I ordained thee a prophet unto the nations.
(Jer 1:4-5 KJV)
From the publisher's feed