
Sign up to save your podcasts
Or


Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie. Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
(Spr. 4:14-15)
Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
(1 Joh. 2:15)
Enter not into the path of the wicked, and go not in the way of evil men. Avoid it, pass not by it, turn from it, and pass away.
(Pro 4:14-15 KJV)
Love not the world, neither the things that are in the world. If any man love the world, the love of the Father is not in him.
(1Jn 2:15 KJV)
Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
(2 Pet. 2:1-3)
But there were false prophets also among the people, even as there shall be false teachers among you, who privily shall bring in damnable heresies, even denying the Lord that bought them, and bring upon themselves swift destruction. And many shall follow their pernicious ways; by reason of whom the way of truth shall be evil spoken of. And through covetousness shall they with feigned words make merchandise of you: whose judgment now of a long time lingereth not, and their damnation slumbereth not.
(2Pe 2:1-3 KJV)
Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.
(1 Pet. 4:12-14)
Beloved, think it not strange concerning the fiery trial which is to try you, as though some strange thing happened unto you: But rejoice, inasmuch as ye are partakers of Christ's sufferings; that, when his glory shall be revealed, ye may be glad also with exceeding joy. If ye be reproached for the name of Christ, happy are ye; for the spirit of glory and of God resteth upon you: on their part he is evil spoken of, but on your part he is glorified.
(1Pe 4:12-14 KJV)
‘n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome. Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.
(Ps. 24:1-5)
Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.
(1 Joh. 5:19)
A Psalm of David. The earth is the LORD'S, and the fulness thereof; the world, and they that dwell therein. For he hath founded it upon the seas, and established it upon the floods. Who shall ascend into the hill of the LORD? or who shall stand in his holy place? He that hath clean hands, and a pure heart; who hath not lifted up his soul unto vanity, nor sworn deceitfully. He shall receive the blessing from the LORD, and righteousness from the God of his salvation.
(Psa 24:1-5 KJV)
And we know that we are of God, and the whole world lieth in wickedness.
(1Jn 5:19 KJV)
Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. Want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid; julle lippe spreek leuen, julle tong fluister onreg.
(Jes. 59:1-3)
Behold, the LORD'S hand is not shortened, that it cannot save; neither his ear heavy, that it cannot hear: But your iniquities have separated between you and your God, and your sins have hid his face from you, that he will not hear. For your hands are defiled with blood, and your fingers with iniquity; your lips have spoken lies, your tongue hath muttered perverseness.
(Isa 59:1-3 KJV)
From the publisher's feed