Tye verander vinnig en in hierdie Vierde Industriële Rewolusie waarin ons onsself bevind moet landbou meer doeltreffend werk en die hulpmiddels binne hul bereik inspan om op nuwe maniere te boer en besigheid te doen. So is vee- en wildveilings ook besig om ’n nuwe baadjie aan te trek en veilingshuise word genoodsaak om deel van die proses te word. Aanlynveilings het ’n paar jaar gelede al kop uitgesteek en raak daagliks al hoe gewilder onder kopers én verkopers. Een van die voorlopers van digitale lewende veilings is die Suid-Afrikaner Petrus van Heerden, stigter van Beeswinkel, ’n veilingshuis wat elke week twee kommersiële veilings aanlyn aanbied en ook op Vrydae beeste in Namibië op dieselfde platform opveil.