Die fase drie inperkings het verskeie uitdagings na vore gebring met veral veilings in die hoofstad. Beide die Namibia Genetics sowel as die G8 Bonsmara veilings is tot verdere kennisgewing uitgestel. Maar, die Daan Weerlig Stoet en Kommersiële Uitverkoping Veiling gaan steeds by die Agra Veilingskrale op Otjiwarongo voort. Henno Badenhorst ‘n Stoetvee Afslaer by Agra sluit by ons aan vir meer... En dan, die Central Select veiling wat Donderdag 10 September in die hoofstad aangebied word... Paul Klein, Algemene Bestuurder van veilings by Agra het meer oor die aanbod en die reëlings ... En Paul het ook meer oor die Keetmans Skou en Meatmaster veiling wat op 11 September om 10 uur by die dorp se skou veilingskrale gehou word. Top-gehalte kleinvee is op aanbod.